Tuis
Preke
Algemene Inligting
Jaarprogram
Nuusbrief
Ons Leraar
Klein Advertensies
Bybelstudie
Jeug
Skakels
| |
Dr. Vorster Combrink
Gaan lees alles oor Dr. Vorster Combrink se Persoonlike Besonderhede, Missie as berander, Gawes,
Akademiese Kwalifikasies, Aanvullende Beradingskwalifikasies, Verwante Toerusting(Kursusse), Beradings Ervaring,
Verwante Aktiwiteite, Beradings Fokus, Benadering, Enkele Publikasies, Gesin en
Uitleiding.
Let asb. daarop dat sensitiewe inligting/kontak besonderhede van Dr. Combrink slegs met sy toestemming verskaf/gepubliseer sal word. Vir enige verdere inligting, kontak HennieHorn@Hotmail.com
GEBOORTEDATUM : 1949-03-10
HUIDIGE BEROEP : Predikant / Pastorale berader / Opleier van beraders
EPOS: vcombrink@lantic.net
God het my geroep om as sy verteenwoordiger mense deur beraad te help om (beter) te verstaan Wie Hy eintlik is, en wie hulle eintlik vir Hom is, sodat hulle Hom kan verheerlik
Die Heilige Gees rus my voortdurend toe met bemoediging, barmhartigheid, herderskap, profesie en onderskeiding.
BA (1970) Hoofvakke: Psigologie, Sosiologie, Filosofie
Th B (1977) Teologie
Th M (1985) Pastoraat (Studieleier: Prof Jan J van der Walt)
Skrifgebruik in pastoraat: die standpunt van Jay E Adams
Th D (1994) Gemeentebou (Studieleier: Prof Cassie JH Venter)
Die betekenis van die eskatologie in die Kolossensebrief vir gemeente-opbou: ‘n diakoniologiese ondersoek
- 1996-1998: Doen doktorale navorsing in (narratiewe) Pastorale Terapie by die Instituut vir Terapeutiese Ontwikkeling (ITO) onder leiding van prof. Dirk & dr. Elmarie Kotze (Unisa)
- Mei 2001: Akkrediteer by die Suid-Afrikaanse Assosiasie vir Pastorale Werk (SAAP) as Pastorale Terapeut op Spesialisvlak
- Julie 2003: Verwerf ‘n Diploma in Pastorale
Berading by die Assosiasie vir Bybelse Berading en Opleiding (ABBO)
- Ontdek jou gawes
- EE III (Aanbieder)
- Ligdraers in die węreld (Aanbieder)
- Getroue Getuies (Aanbieder)
- 26 Jaar ervaring as pastor in vier Gereformeerde Kerke:
De Aar: 1977-1982
Aranos (Namibië): 1982-1987
Andeon (Pretoria): 1987-2004
Elandspoort (Pretoria): 1999-2002
- Kommando- & Burgermagkapelaan: 1977-1990
- Drie jaar berading by die Instituut vir Terapeutiese ontwikkeling: 1996-1998
- Eie spreekkamer sedert 1997
- Pastorale berading sedert 1997 by Alkogen
Behandelingsnetwerk aan mense met EMT (energie-metaboliese tekorte) :
kroniese moegheid, depressie, verslawings ten opsigte van middels,
verhoudings, voedsel, seks en geld.
- Bied seminare aan vir Alkogen, die Poimenos Beradingsentrum van Potchefstroom asook gemeentes oor hulp aan mense met verslawings
- Tree op as studieleier by die Assosiasie vir Bybelse Berading en Opleiding (ABBO) in die teorie en praktyk van berading sedert Julie 2002
- Doen berading met mense wat onder andere deur Family Life, Radio Kansel en kollegas verwys word
- Behartig ‘n weeklikse vraag-en-antwoord-rubriek in Beeld Plus (Polsslag) van Mei 2000 tot Feb 2001
- Tree op as eksterne eksaminator van nagraadse studente vir die Sosiologie Departement aan die Vaaldriehoek-kampus van die Noordwes Universiteit sedert 2000
- Tree op as studieleier vir nagraadse studente in
Pastorale Berading aan die Noordwes Universiteit vanaf 2004
Ek werk vanuit ‘n Bybelse koninkryksperspektief met die oog daarop om saam met die persoon betekenisvolle veranderinge te ontgin.
- 1986: Skrifgebruik in pastoraat. Wetenskaplike bydrae van die PU vir CHO. Reeks A: Geesteswetenskappe, nr 59. Potchefstroom : DSP.
- 1988: Jay E. Adams se standpunt oor pastoraat as opbou deur die Woord – balans of verskraling. (In: Venter, CJH., red. God bou op deur sy Woord. Wetenskaplike bydraes van die PU vir CHO. Reeks A: Geesteswetenskappe, nr 66. Potchefstroom : DSP. p. 176-189).
- 1995: Menslike subjekte in gemeente-opbou volgens die Kolossensebrief. ‘n Diakoniologiese perspektief met toespitsing op eskatologiese dimensies. In die Skriflig. 29(4):583-602, Des.
- 1998: Teologiese perspektief op verslawings. (In: Steyn, D. & Verwey, T. , reds. Drome vir seerkry mense. Ifafi : Alkogen Publishers. p. 356-361).
- 2003: Hulp aan mense met verslawings. (In:
Schalekamp, M., red. Bybelse Beradingskursus Module 2 – aangebied deur
die Assosiasie vir Bybelse Berading en Opleiding in samewerking met
Radio Kansel. Randburg : Abbo. p. 32-48).
Ek is in 1974 getroud met Salomé van der Merwe: skrywer, drama-fasiliteerder en bestuurder van ‘n landswye straatkinderprojek. Ons het drie kinders : Johandries (24), Anneretha (23) en Madeleen (19).
DIE GEES VAN DIE Here HERE IS OP MY
OMDAT DIE HERE MY GESALF HET
OM ‘n BLYE BOODSKAP TE BRING AAN DIE MENSE IN NOOD.
HY HET MY GESTUUR
OM DIE WAT MOEDELOOS IS, OP TE BEUR,
OM VIR DIE GEVANGENES VRYLATING AAN TE KONDIG,
VRYHEID VIR DIE WAT OPGESLUIT IS,
OM AAN TE KONDIG DAT DIE TYD AANGEBREEK HET WAAROP
DIE HERE GENADE BETOON,
DIE DAG WAAROP ONS GOD SY VYANDE STRAF
MAAR ALMAL WAT TREUR, VERTROOS,
DIE DAG WAAROP HY VIR DIE IN SION WAT TREUR,
EER GEE IN PLAAS VAN SMART,
VREUGDE IN PLAAS VAN DROEFHEID,
BLYDSKAP IN PLAAS VAN HARTSEER.
HULLE SAL DIE EEUE-OUE PUINHOPE OPBOU,
PLEKKE HERBOU WAT LANKAL VERLATE LE,
HULLE SAL VERWOESTE STEDE WEER OPBOU,
PLEKKE WAT GESLAGTE LANK VERLATE LE.
JULLE SAL GENOEM WORD:
PRIESTERS VAN DIE HERE,
DIENAARS VAN ONS GOD.
Uit: Jesaja 61
SOOS DIE MORESON SAL HY OPGAAN
EN UIT DIE HOOGTE OP ONS AFSTRAAL,
OM LIG TE BRING
AAN DIE WAT IN DUISTERNIS
EN IN DIE SKADUWEE VAN DIE DOOD LEWE,
OM ONS VOETSTAPPE TE RIG
OP DIE PAD VAN VREDE
Uit die Loflied van Sagaria: Lukas 1:78-79
|