Tuis
Preke
Algemene Inligting
Jaarprogram
Nuusbrief
Ons Leraar
Klein Advertensies
Bybelstudie
Jeug
Skakels
| |
Welkom by Gereformeerde Kerk Andeon se web-werf. Ons ere-diens tye op Sondae is 09:00 te Andeon, 19:00(somer) en 18:00(winter) te Gereformeerde Kerk Daspoort. Lees asb. hieronder na ons gemeente se roeping as gelowiges in 2000 - 2005. Lees verder oor ons Visie 2005, ons Missie en ons Strategie in ons gemeente.
Wat is `n Visie? `n Visie beantwoord vrae soos: Waar gaan ons heen? Waar wil God ons as gemeente in
2005 hê? Wat SIEN ons van die gemeente met die geestesoog in 2005? Die Visie is die droom / ideaal wat
ons inspireer en saambind as gelowiges.
Ons gemeentevisie is om teen 2005:
- Soveel moontlik mense wat veral binne die geografiese grense van ons gemeente woon effektief met die evangelie te bereik
- om die wat tot geloof kom, effektief by die gemeente in te skakel en toe te rus om toegewyde volgelinge van Jesus Christus te wees
- om as toegeruste volgelinge van Christus God effektief by mense te verteenwoordig
Samevatting:
- BEREIK MENSE IN ONS OMGEWING MET DIE EVANGELIE
Visie gaan oor SIEN, en missie gaan oor DOEN. Missie beantwoord die vraag: Wat gaan ons in
2000 tot 2005 DOEN om ons droom (visie) waar te maak? Ons sal die mense in ons omgewing met die
evangelie bereik(visie) deurdat ons God in hulle lewens verteenwoordig(missie).
Samevatting:
- VERTEENWOORDIG GOD BY MENSE
Strategie dui op die basiese bedieninge van die gemeente waardeur ons ons missie prakties uitvoer. Ons
strategie is om God by mense te verteenwoordig DEUR die volgende aksies
- voortdurend ons geloof in God te verdiep
- mekaar in die huwelik en gesin lief te hê
- God se skepping as getroue rentmeesters in ons dagtaak te versorg
- gemeenskap van gelowiges te beoefen
- barmhartigheid te bewys aan mense in nood
- mekaar as gelowiges herderlik te versorg
- die evangelie effektief te deel met mense (groepe) wat God nie ken nie
- te skakel en saam te werk met ander kerke t.o.v die bostaande
- die middele en fasiliteite te vind en te bestuur vir die bostaande
- gawes te identifiseer en te gebruik vir die bostaande
- leiers te identifiseer, toe te rus en te begelei om die gemeente te lei om die bostaande te implementeer.
Ons glo dat ons ons roeping prakties kan uitvoer deur GEMEENSKAP, HERDERSKAP, en BESTUUR - lees verder daaroor in die Algemene Inligting seksie.
Samevatting:
- VERTEENWOORDIG GOD BY MENSE DEUR MIDDEL VAN DIE VOLGENDE AKSIES:
geloofsverdieping, liggaamlike versorging, huweliks-en-gesinsliefde, aanbidding, rentmeesterskap,
gemeenskap, barmhartigheid, herderskap, uitreiking, interkerklike samewerking,
benutting van gawes, logistiek en leierskap.
|